Derduisende se visboetes in Namibië opgelêMay 11, 2025

Boetes van bykans 366 000 Namibiese dollar in totaal is in die afgelope begrotingsjaar opgelê aan individue en besighede wat visvangregulasies in Namibië oortree het, het die nuwe landbou- en visseryeminister Inge Zaamwani gesê. Meer as 2 000 patrollies en inspeksies het plaasgevind en 22 kriminele sake is by polisiestasies landswyd geopen, het Zaamwani in haar motiveringstoespraak vir die nuwe begroting in die parlement gesê. Streng monitering sal vanjaar voortgaan, het sy gesê.