Bill Gates gee amper al sy rykdom wegMay 11, 2025
Die Amerikaanse miljardêr Bill Gates het onderneem om bykans sy hele persoonlike rykdom oor die volgende twee dekades weg te gee. Hy sê die wêreld se armstes sal na raming 3,63 duisend miljard rand via sy stigting ontvang. Hy het ook die wêreld se rykste mens en sleutelrolspeler in president Donald Trump se administrasie, Elon Musk, daarvan beskuldig dat hy die wêreld se armste kinders benadeel deur besnoeiings aan Amerika se hulpbegroting. Gates en Musk het vroeër saamgestem oor rykes se rol om geld weg te gee, maar sedertdien al verskeie kere gebots.