NWR-kaarthouers kamp nou goedkoperMay 10, 2025

Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat NamLeisure-kaarthouers nou in aanmerking kom vir afslag op kampeerplekke by al hul oorde en kampplekke. Kaarthouers kan uitsien na 40 persent afslag vir Namibiërs, 30 persent vir SADC-inwoners en 10 persent vir internasionale besoekers. Kosmos 94.1 nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels.