Beter straatligte vir Windhoek se middestadMay 10, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit gaan sowat 17 miljoen Namibiese dollar oor die volgende twee of drie finansiële jare bestee om straatligte in die sentrale sakedistrik van die hoofstad op te knap. Dit vorm deel van ‘n projek om nuwe lewe in die gedeelte van die stad in te blaas en dit te beveilig. Die nuwe omgewingsvriendelike straatligte sal aanvanklik in Onafhanklikheidslaan, Sam Nujoma-rylaan, die Poststraat-wandellaan en omliggende strate aangebring word.