Walvisbaai-munisipaliteit verduidelik uitdagings met diensleweringMay 9, 2025
Die Walvisbaai-munisipaliteit erken dat sekere diensleweringsuitdagings, veral in afvalbestuur, rioolinstandhouding en padinfrastruktuur inwoners ontstig. In ‘n verklaring sê die owerheid meeste van hierdie uitdagings is die gevolg van ‘n kombinasie van komplekse faktore, insluitend verouderde infrastruktuur en ‘n groeiende bevolking. Hy sê hy erken dat daar ruimte vir verbetering is maar die uitdagings word aangespreek. Die verwydering van vullis sukkel as gevolg van stukkende vragmotors en die skedule is verleng. Die owerheid sê verder hy werk hard aan die opknapping van verouderde sanitasie-infrastruktuur sowel as die dorp se paaie, wat toenemende verkeer ervaar.