Valke ondersoek steeds hoogverraad-klagte teen AfriForum, SolidariteitMay 9, 2025
Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die vier hoogverraad-dossiere waarby AfriForum en Solidariteit betrek word, word steeds ondersoek. Die sake handel oor die beweerde verspreiding van waninligting in Amerika oor Suid-Afrika se Onteieningswet, en bewerings teen president Cyril Ramaphosa en die ANC. AfriForum hou vol dat geen regsgronde bestaan vir die aanklagte nie. Lebeya sê hierdie soort sake moet versigtig benader word: