GRN se Epangelo-aandeelplan is domMay 9, 2025

Nog reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, veral die standpunt oor mynwese. Onder die sektor, beloof die party om 50 persent van alle nuwe eksklusiewe prospekteerlisensies aan Epangelo Mining, ‘n regeringsmaatskappy toe te ken. Die manifes praat ook oor 900 megawatt in geïnstalleerde energiekapasiteit wat bereik moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt. Hy sê die sektore moet gelos word om te doen wat hulle doen.