Braaibroodjie-indeks toon hoogste prys nogMay 9, 2025

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann se jongste braaibroodjie-indeks is uit en vanaf 30 April is die koste van ‘n braaibroodjie in die buurland R21,89. Dit is ‘n nuwe hoogtepunt en hy sê die koste het met 2,7 persent van die vorige maande gestyg as gevolg van die 10,3 persent styging in die prys van tamaties en 38,4 persent styging in die prys van uie. Op ‘n jaar-tot-datum basis is die indeks net meer as 7,3 hoër. Die braaibroodjie indeks het sedert 2020 baie vinniger gestyg as voedselinflasie en algehele inflasie in Suid-Afrika.