Spanje nader VN oor Gaze-honger, -sterftesMay 8, 2025

Spanje gaan ’n konsep-voorstel by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering indien oor dringende maatreëls om die dood van onskuldige burgerlikes te stop en humanitêre hulp in Gaza te verseker. Eerste minister Pedro Sanchez het aan sy Parlement gesê die internasionale gemeenskap is nie ongeërg oor wat in die Palestynse gebied gebeur nie. Israel het in Maart sy aanslag hervat ná ’n wapenstilstand van twee maande. Die Sosialistiese premier is een van die mees uitgesproke kritici van Israel se optrede in Gaza wat tekorte aan noodsaaklike voorraad veroorsaak.