Plaasmoord: Werkers skuldig bevind May 8, 2025

Twee plaaswerkers, Bernadus Afrikaner en Salathuel Unaeb is albei skuldig bevind op die moord van Gobabis-plaaseienaars Armin Riedel, 68, en sy vrou, Brunhild, 66 in Januarie 2018. Die egpaar se oorskot is verbrand na hulle huis deur die twee aan die brand gesteek is na die moord. Beide Afrikaner en Unaeb het vir die Riedels gewerk. Die saak het uiters lank gevat om die hof te bereik met die verhore wat in 2023 begin het. Regter Naomi Shivute het die saak hanteer.