Benede-Oranjerivier amptelik in vloedMay 8, 2025
Die Benede-Oranjerivier is nou amptelik in vloed, sê die Hidrologiese Diens van Namibië, na die rivier vanoggend 5,46 meter by Blouputs gemeet het en 6,10 meter by Sendelingsdrif. Die diens sê dat die vloei in die komende weke hoog sal bly, aangesien meer water op pad is vanaf die propvol damme in Suid-Afrika. Die Zambezi by Katima Mulilo het effe gesak van 5,47 meter na 5,45 meter, en die Okavango by Rundu vloei ook ietwat laer op 6,65 meter. Die Kunene vloei teen 324,5 kubieke meter by Ruacana. Die diens sê die ishanas in die noorde sak steeds maar watervlakke is nog hoog.