Steenkamp lê onderwysbegroting voorMay 7, 2025

Die begroting vir die onderwysministerie, wat insluit innovasie, jeug, sport, kuns en kultuur, Stem 27, is deur lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Besprekings en debatte daaroor sal vandag plaasvind. Steenkamp het ‘n oorsig gegee van die bewilliging, wat ‘n voorgestelde begroting van 1,2 miljard Namibiese dollar beloop. Steenkamp het die waardetoevoeging tot sport, kuns en kultuur beklemtoon.