Aanklagte teen ma wat man wat vermoedelik haar kind verkag skiet, teruggetrekMay 7, 2025

Die landdroshof in Lady Frere het die aanklagte teen ‘n Oos-Kaapse ma wat beskuldig word van die moord op ‘n 65-jarige man, teruggetrek. Die verdagte het na bewering haar gestremde dogter verkrag. Die voorval het verlede maand in Cacadu plaasgevind. Die premier, Oscar Mabuyane, verwelkom die hof se beslissing en noem dit ‘n saak van verdediging, nie moord nie. Hy prys die ma oor haar beskermende optrede en sê die werklike misdaad was die verkragting, en nie haar reaksie daarop nie.