Oranjemund-Rosh Pinah roete nog oop, RA monitorMay 7, 2025
Die Paaie-owerheid sê die roete tussen Rosh Pinah en Oranjemund is steeds oop en ‘n span is ontplooi na die gebied om die situasie te monitor. Dit kom na stygende vlakke van die Oranjerivier met sluise van amper vier damme in die Vaal-Oranjegebied in die buurland wat tans amper 3 000 kubieke meter water per sekonde vrystel. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon gepraat.