Hidrologiese Diens gesels oor oorstromings in Benede-OranjeMay 7, 2025

Owerhede in Suid-Afrika het bevestig dat die vloede langs die Oranjerivier die ergste sedert 1988 is, en massas water is steeds op pad na oewergemeenskappe in Namibië. Die plaaslike hidrologiese diens het reeds inwoners van Noordoewer en Aussenkehr teen die moontlikheid van oorstromings gewaarsku. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hidrologiese diens se hoof-hidroloog.

Die pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund sal moontlik van vandag tot Vrydag gesluit wees weens die hoë watervlakke.