Meer as ‘n miljard vir PLAN-veterane in 24/25May 6, 2025
Namibië se PLAN-veterane kry voorkeur behandeling deur die regering. In die vorige boekjaar is die departement van veteraanaangeleenthede 1,4 miljard Namibiese dollar toegeken. ‘n Miljard dollar is uitbetaal aan 22 840 begunstigdes. 305 miljoen dollar is aan 1 795 veterane uitbetaal met elk wat 170 000 dollar ontvang het vir individuele projekte. Meer as 2,5 miljoen dollar is vir 440 begrafnisse betaal en 6,2 miljoen vir hulle grafstene terwyl 1,4 miljoen dollar bestee is op 111 veterane se mediese en geestesgesondheidskostes. Net PLAN-soldate mag voordeel as veterane trek.