Mashatile verdedig swart ekonomiese bemagtigingMay 6, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê ekonomiese regstelling en transformasie het praktiese stukrag gekry deur verskeie wette, ondermeer die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging van 2003, soos gewysig in 2013. Hy sê dit bly ‘n noodsaaklike deel van die land se ekonomiese landskap. Mashatile sê oor die afgelope 22 jaar het die beleid asook wetgewende en regulatoriese instrumente rondom swart ekonomiese bemagtiging ontwikkel, om die uitdagings en geleenthede aan te spreek wat ‘n inklusiewe ekonomie vir alle Suid-Afrikaners bevorder: