Man verkrag meisie, 3, kleinkind van sy vriendin May 6, 2025

Die Namibiese polisie sê ‘n man, 31 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn op klagte dat hy ‘n meisie van drie verkrag het. Volgens die mag het die voorval Sondag in Wanaheda voorgekom en die man is die intieme vriend van die slagoffer se ouma. Haar ouderdom is nie bevestig nie. Die kind is in die hospitaal opgeneem.