Lord of the Rings-arende verlaat lughaweMay 6, 2025
Twee arendstandbeelde, geïnspireer deur The Lord of the Rings, het vir meer as ’n dekade ’n wakende oog oor besoekers by Nieu-Seeland se Wellington-lughawe gehou. Die reuse voëls sal Vrydag van die plafon losgemaak word om plek te maak vir ’n nuwe geheime uitstalling. Die arende verskyn as boodskappers in JRR Tolkien se The Lord of the Rings en The Hobbit, wat deur die Nieu-Seelander sir Peter Jackson verfilm is. Elke arend het ’n vlerkspan van 15 meter en op die rug van een van die voëls is ‘n beeldhouwerk van die towenaar, Gandalf.