Implementering van Swapo-manifes kan (weer) lei tot vermorste geldMay 6, 2025

Ekonoom Robin Sherbourne het die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing se hersiening van die eerste kwartaal voorberei en lê veral klem om Swapo se manifes wat geïmplementeer moet word onder die nuwe bedeling. Sherbourne sê dit is nie duidelik of voldoende navorsing en ontleding gedoen is wat die voorgestelde maatreëls ondersteun nie. Sonder ‘n gesonde ekonomiese basis sal mineraalveredeling en baie ander voorstelle waarskynlik in vermorsing van openbare hulpbronne eindig. Air Namibia was ‘n wit olifant wat die belastingbetaler oor dekades miljarde gekos het, geld wat vir beter gebruike gebruik kon word. Nou oorweeg die regering om 3 miljard Namibiese dollar te bestee om iets te laat herleef wat die land nie nodig het nie en nie groei of werk skep nie.