Geowetenskap-wet is verdoeselde grondgrypeMay 6, 2025

Die Mining Affected Communities United in Action sê voorgestelde veranderinge aan die Wet op Geowetenskap is ‘n bedreiging vir grondregte en kom neer op verdoeselde grondgrype. Hulle waarsku hierdie wysigings sal staatsagentskappe toegang bied tot grond vir geologiese kartering sonder die gemeenskap se toestemming. Magnificent Mndebele van MACUA sê dit ondermyn grondwetlike regte en sluit mynbougeaffekteerde gemeenskappe van belangrike energie- en mynboubesluite uit: