EIF, Groenwaterstofprogram vergader in KarasMay 6, 2025
Die Omgewingsbeleggingsfonds, in vennootskap met die Namibië Groenwaterstofprogram, bied van 7 tot 9 Mei ‘n werkswinkel vir belanghebbendes in die Karas-streek aan. Dit is om terugvoering in te win oor konsepnotas wat ontwikkel is uit voor-uitvoerbaarheidstudies oor ‘n groen waterstof-aanleg, die Neckartal groenskema en ‘n aflandige windkrag-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingministerie, wat meer inligting gee.