Dwelms, aanlyn slenters oor die langnaweek aangemeldMay 6, 2025
Die Namibiese polisie sê ‘n 31-jarige verdagte is gearresteer nadat hy op Oshakati deursoek is en in besit gevind is van 207 500 Namibiese dollar se dagga. Die voorval het by die Harare Bar op die dorp plaasgevind. Die polisie se ondersoek duur voort en die man sal voorlopig vandag in die hof verskyn. Ook in die misdaadverslag is ‘n 20-jarige student van net meer as 61 000 dollar aanlyn bedrieg in die hoofstad. Die polisie het nog nie die geld teruggevind nie.