Vyf mense oorleef 36 uur in moeras met krokodilleMay 4, 2025

Vyf mense het 36 op die dak van ‘n neergestorte vliegtuig in ‘n moeras in die Amasone oorleef, omring deur krokodille. Volgens die regering in Bolivië is ‘n kind, drie vroue en die loods Vrydag met ‘n helikopter gered. Die ligte vliegtuig was van Baures na Trinidad onderweg toe die loods ‘n noodlanding in die noordooste van Bolivië moes uitvoer. Die krokodille was heeltyd naby die vliegtuig, maar is afgeskrik deur petrol wat in die water gelek het.