Soektog na man wat glo op Swakop see instapMay 4, 2025
Die polisie en nooddienste op Swakopmund is op soek na ‘n man wat Saterdagaand omstreeks agtuur naby die pier die see ingeloop en verdwyn het. Die man is van ligte voorkoms en het ‘n rooi T-hemp, ‘n blou broek, ‘n grys hoed en ‘n sonbril gedra toe hy laas gesien is. Enigiemand met meer inligting word versoek om die polisie op Swakopmund te skakel.