Simbine laat spaander in ChinaMay 4, 2025
Akani Simbine lyk na die atleet wat hierdie seisoen geklop moet word nadat hy gister in die tweede Diamantliga-byeenkoms in Keqiao, China, die 100 meter-naelloop gewen het. Hy het die Olimpiese silwermedaljewenner van Jamaika, Kishane Thompson, in ‘n opwindende eindpoging met 0,01 sekondes geklop in 9,98 sekondes. Letsile Tebogo van Botswana was derde in 10,03 sekondes.