Kinders sterf van honger in GazaMay 4, 2025
Minstens 57 Palestyne, meestal kinders, het in Gaza van honger vergaan weens Israel wat reeds vir drie maande lank voedsel, water en ander noodsaaklike hulp na dié oorloggeteisterde gebied blokkeer. Meer as 9 000 kinders is sedert die begin van die jaar vir erge wanvoeding in hospitale opgeneem, sê die Verenigde Nasies. Gaza se regering het Saterdag ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om Israel te stop om voedsel as ‘n wapen te gebruik.