Anthony Albanese wen tweede termyn in AustraliëMay 4, 2025
In Australië het Anthony Albanese ‘n geskiedkundige tweede termyn as premier gewen. Opposisieleier Peter Dutton van die konserwatiewe Liberale Party het Saterdagaand die handdoek teen Albanese en sy Arbeidersparty ingegooi. Albanese, wat as ‘n pragmatis beskou word, is die eerste Australiese premier wat ‘n tweede opeenvolgende termyn van drie jaar in 21 jaar wen. Die verkiesing was die eerste waarin Baby Boomers, gebore tussen die einde van die Tweede Wêreldoorlog en 1964, deur jonger kiesers oortref is.