Vliegramp: Nog drie enjin-komponente moet getoets wordMay 3, 2025
Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke het sy jongste verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin ‘n Cessna 406 in Pionierspark vandag ‘n jaar gelede neergestort het, uitgereik. Ondersoeker Ben Engelbrecht sê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins in Kanada uitmekaar gehaal en drie dele eis verdere toetsing. Die ongeluk was waarskynlik weens wanfunksionering van die linker-enjin en rook het by die enjin uitgekom net na die vliegtuig opgestyg en voordat dit skerp na links afgeduik het. Dit was ‘n toetsvlug en beide loodse en ‘n vliegtuigingenieur wat aanboord was, is dood.