Vlakke in Benede-Oranje styg steedsMay 3, 2025
Watervlakke in die hoofdamme in die Vaal-Oranjerivierstelsel is tans hoog. Die Vaaldam is tans op 116,7 persent, met nege sluise oop en ‘n uitvloei van 1 771 kubieke meter per sekond. Bloemhofdam is op 117,4 persent en meer as 3 600 kubiek word vrygestel. Beide die Gariepdam en die Vanderkloofdam loop oor. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê daar word verwag dat die vloei in die Benede-Oranjerivier in die komende weke hoog sal bly met meer water op pad. By Blouputs is vlakke van 3,67 meter aangeteken teenoor 0,56 in 2024. Sendelingsdrif is op 2,74 teenoor 0,6 verlede jaar.