Pypbreuk in Oshakati-Ongongo-lyn los groot dele sonder waterMay 3, 2025
‘n Pypbreuk in die Oshakati-Ogongo-pyplyn het groot dele in die noorde sonder water gelaat. NamWater sê in ‘n verklaring dat Elim, Elim-Suid, Oshikuku, Oshakati en Omungwelume geraak word. Sy onderhoudspan is tans op die perseel om herstelwerk te doen maar vordering word egter vertraag as gevolg van water in die pyplyn. Daar word verwag dat volle watertoevoer na die betrokke gebiede teen twee-uur vanmiddag herstel sal wees.