Nigerië kan moontlik Facebook verloorMay 3, 2025

Mense in Nigerië kan toegang tot Facebook en Instagram verloor nadat die moedermaatskappy, Meta gesê het hulle staar groot boetes en onrealistiese regulatoriese eise van die Nigeriese owerhede in die gesig. Verlede jaar het drie Nigeriese toesig-agentskappe die Amerikaanse sosialemediareus met meer as 5,3 miljard Namibiese dollar beboet vir die oortreding van verskeie wette en regulasies. Meta was onsuksesvol met ‘n onlangse poging om die beslissings in die Federale Hooggeregshof in Abuja te betwis.