Deidre Meyer se oorskot gevindMay 3, 2025
Die vermiste Deidre Meyer se oorskot is in die oostelike dele van die Namib Naukluft, ongeveer 10 kilometer op die Hifikepunye Pohamba-pad gevind. Die Erongo-polisie sê daar word geen vuilspel vermoed in die dood van die 48-jarige vrou, wat reeds sedert 14 April as vermis aangemeld is, nie. Volgens die mag is sy ‘n paar meter van haar pa se voertuig gevind met all haar besittings. Daar was ook net een stel voetspore op die toneel. ‘n Lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal.