Aussies stem vandagMay 3, 2025

Australiërs gaan vandag stem om hul volgende regering te kies, in ‘n verkiesing wat bepaal sal word deur lewenskoste, klimaatsonsekerheid en Trump-tariewe. Kiesers moet besluit tussen die linksgesinde, huidige eerste minister Anthony Albanese en sy konserwatiewe uitdager Peter Dutton. ‘n Hele paar meningspeilings dui daarop dat Albanese se regerende Arbeidersparty ‘n tweede termyn sal wen. ‘n Totaal van 18,1-miljoen kiesers het vir die verkiesing geregistreer. Australiërs word verplig om te stem en dit word afgedwing met boetes van ongeveer 238 Namibiese dollar, wat lei tot ‘n stempersentasie van meer as 90-persent.