Presidensiële Falcon-straler se verkoop goedgekeurMay 2, 2025
Die kabinet het ‘n besluit om die verouderende presidensiële straler, ‘n Dassault Falcon900B te verkoop, goedgekeur. Die vliegtuig is byna 96 miljoen Namibiese dollar werd en is destyds deur wyle stigterspresident Sam Nujoma aangekoop. Dit is in 2015 vir 20 miljoen dollar opgeknap. Die kabinet het die vervoerministerie toestemming gegee om ‘n deel van die opbrengs van die verkoop te gebruik vir die onderhoudsrekening van die regering se lugvervoerdienste. Die res moet in die staatskoffers gedeponeer word. Die kabinet het ook die ministerie opdrag gegee om tesourie-toestemming te kry vir die Falcon se verkoop.