Engelse Sokkervereniging verbied transgender-vrouespelersMay 2, 2025

Sokker: Die Engelse Sokkervereniging het bevestig dat transgender-vroue van 1 Junie af nie meer in die vroue-afdeling in Engeland kan speel nie. Dit volg op die Britse Hooggeregshof se uitspraak dat die wetlike definisie van ‘n vrou gegrond is op biologiese geslag. Die FA sê hulle verstaan dat hierdie besluit moeilik sal wees vir mense wat bloot die spel wil speel waarvan hulle hou in die geslag waarmee hulle identifiseer. Ongeveer 20 transgender-vroue het hierdie seisoen in Engelse grondvlakwedstryde gespeel.