Nog ‘n reddingsboei vir Meatco, van die belastingbetalerMay 1, 2025
Die finansministerie het ‘n toewysing van 212 miljoen Namibiese dollar in die huidige boekjaar bewillig aan Meatco om sy uitstaande skuld by die Namibiese Ontwikkelingsbank te betaal en die korporasie se operasionele likiditeit te verbeter. Die lynminister Ericah Shafudah sê die befondsing is daarop gemik om Meatco se finansiële posisie te stabiliseer. Benewens die leningsvereffening, sal Meatco ‘n verdere 100 miljoen dollar in direkte befondsing ontvang om sy bedrywighede te ondersteun. Die maatskappy sukkel reeds ‘n geruime tyd en het vroeër ook reddingsboeie ontvang.