Chaos duur voort by Daure Daman op UisMay 1, 2025

Erongo-polisiebeamptes het ‘n  hofbevel by die kantore van die Daure Daman Tradisionele Owerheid in Uis afgedwing en slotte van die hekke verwyder en gemeenskapslede wat daar vergader het, beveel om die perseel te verlaat. Dit het ‘n herrie laat ontstaan met aantygings van polisie brutaliteit en meer. Elf mense waaronder vier pensioenarisse en woordvoerder Jimmy Areseb is gearresteer. Hulle is vrygelaat en sal môre in die hof verskyn. Daar is groot onenigheid oor die stamhoofman Sagarias Seibeb. Hy en sy dogter word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by twyfelagtige transaksies met die Chinese mynmaatskappy Xinfeng.