Pieter-Steph du Toit terug in Japan na skoueroperasieApril 30, 2025
Rugby: Die goeie nuus vir Springbok-ondersteuners is dat Pieter-Steph du Toit, een van die Wêreldbekerhelde, ná ‘n skoueroperasie terug in Japan is. Dit is egter nog nie duidelik wanneer hy weer sal speel nie. Hy het laas in November gespeel, en sy span, Verblitz, staar relegasie in die gesig met slegs twee ligawedstryde om te speel. Du Toit moet weer wedstrydfiks word sodat hy op 28 Junie vir die Bokke teen die Barbarians kan uitdraf.