Droogte kos regering N$1,4 miljardApril 30, 2025

Die Namibiese regering het net minder as 1,4 miljard Namibiese dollar in die vorige boekjaar op droogtehulp bestee. Volgens die Kantoor van die Eerste Minister het die Nasionale Droogteprogram verskeie ingrypings geïmplementeer, insluitend die voorsiening van voedselhulp ten bedrae van 1,044 miljard dollar. Verder is die ontwikkeling van ondersteuning vir vee ter waarde van 86,6 miljoen, en watervoorsieningsprojekte ter waarde van 87,8 miljoen, geïmplementeer. Die regering het rondom 114,5 miljoen dollar is skenkings ontvang sowel as 102 ton voedselpakkies en 25 miljoen dollar se voedsel.