Dali Mpofu op rooitapyt oor ‘wangedrag’April 30, 2025

Advokaat Dali Mpofu verskyn vandag voor die Regspraktykraad in ʼn tugverhoor oor vermeende wangedrag. Die MK-partylid staar aanklagte in die gesig wat by die raad ingedien is. Dit hou verband met beweerde neerhalende en seksistiese opmerkings tydens verhore, en die manier waarop hy getuies se kruisondervraging hanteer. Vier van die aanklagte het betrekking op Mpofu se optrede tydens die Artikel 194-ondersoek in 2022 na voormalige Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane se bevoegdheid vir haar amp. Mpofu sê die aanklagte is ligsinnig en heeltemal onvolhoubaar.