Zaamwani vervang dalk vir HengariApril 29, 2025

Die voormalige uitvoerende hoof van Namdeb, Inge Zaamwani, kan moontlik die nuwe landbouminister word na die afdanking en arrestasie van Mac Hengari te midde van omkoperybewerings. Die Engelse dagblad Namibian Sun berig daar word verwag dat die presidensie Hengari se plaasvervanger hierdie week sal aankondig. Zaamwani, ‘n gekwalifiseerde mynbouprokureur met ‘n LLB en ‘n Meestersgraad in Regte, is tans die presidensiële adviseur oor grondwetlike sake en die privaatsektor-koppelvlak.