Total se Marula lewer niks April 29, 2025
TotalEnergies se jongste eksplorasie put, Marula 1X het misluk. Die Franse olie-reus sê geen koolwaterstof is gevind nie. Die put is vroeër deur die maatskappy beskryf as ‘n sterk vooruitsig. Upstream Online berig dat die maatskappy nou onseker is oor waar om verder in PEL 56, wat blok 2913B dek, te eksploreer. Die aankondiging kom kort op die hakke van die groot sukses wat Rhino Resources by Capricornus aangekondig het.