Skole moet optogte hou, petisie op Okahandja oorhandigApril 29, 2025

Alle sekondêre skole landswyd is gelas om vandag deel te neem aan ‘n massa-optog teen geweld teenoor kinders. Elke skool moet 20 leerders uitsoek om in skooluniforms deel te neem. Skole moet met plaaslike owerhede koördineer om te verseker die optog vind veilig plaas. Ander leerders moet by skoolaktiwiteite betrek word om bewustheid oor geweld teenoor kinders te kweek. Intussen sal ‘n petisie vandag deur die Stop the Violence Community Action-groep by die Okahandja polisie oorhandig word. ‘n Optog word ook op die dorp gehou.