Miljoene vir Verkiesingskommissie, 36 nuwe voertuie ookApril 29, 2025

Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila het die begroting vir die Verkiesingskommissie van Namibië vir die 2025-2026 finansiële jaar in die Nasionale Vergadering aangebied. Die kommissie het in die vorige boekjaar 637,98 miljoen Namibiese dollar ontvang, waarvan 634,08 miljoen dollar bestee is. Streeksraad- en plaaslike owerheid-verkiesings sal vanjaar plaasvind, en die kommissie is 647,81 miljoen dollar in totaal toegewys. Onder andere sal 36 voertuie aangekoop word, terwyl 69,3 miljoen gaan aan personeel-uitgawes, en 578,46 miljoen dollar aan dag-tot-dag operasionele uitgawes. Daar moet ook vyf tussenverkiesings gehou word en die kommissie vra nog 25,64 miljoen dollar vir kiesersopvoeding en 58,91 miljoen dollar vir beleidskoördinasie, toesig en ondersteuningsdienste.