Komende rugbyseisoen staan vol in die blomApril 29, 2025
Die komende rugbyseisoen beloof om grasgroen en vol geleenthede te wees. Gedurende ‘n borgskapoorhandiging van Novel Ford aan die NRU, het Jacques Burger, die direkteur van die Namibië Rugby Unie uiteen gelê wat voorlê met die opkomende seisoen wat in Junie begin met ‘n paar lekker wedstryde ter voorbereiding vir die Wêreldbeker in 2027.
Burger het die onder-20 span aangemoedig om in top-kondisie te bly na hulle Barthés-oorwinning. Hy sê baie van die onder 20 spelers staan ‘n kans om in die Wêreldbeker te speel as Namibië dit haal.