Hommeltuie, kameras, keerpunt vir SA-grens April 29, 2025

Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die bekendstelling van waarnemingshommeltuie en liggaamskameras was ‘n keerpunt vir grensbestuurswerk by grensposte. Hy sê ongeveer 112 persone is gedurende die Paastydperk om verskeie redes by grensposte in hegtenis geneem en aan lede van die SAPD oorhandig vir verdere hantering. Masiapato sê die meeste van hierdie mense het as fasiliteerders vir onwettige aktiwiteite rondom grensposte opgetree: