Vrae aan NNN oor Hengari se aanstellingApril 28, 2025

Die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi veroordeel ten sterkste die aantygings teen oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Lutuhezi sê indien die president geweet het van die klagtes teen Hengari is dit ‘n reuse vetrouensbreuk en indien nie, ontbreek oorsig. Die lynminister Emma Kantema-Gaomas se stilte word ook veroordeel. Lutuhezi sê die saak kom op die rug van geslagsgeweld-gevalle met 4 814 gevalle in die afgelope jaar.