Rhino mik om eerste olieprodusent te wordApril 28, 2025
Rhino Resources kan Namibië se eerste olieprodusent word, voor die energiereus TotalEnergies, na ‘n bevestigde ligte olie-ontdekking by die Capricornus 1-X-eksplorasieput in die Oranje-kom, het petroleumkommissaris Maggy Shino onthul. Eksplorasie uitslae toon die teenwoordigheid van ‘n hoëgehalte, ligte olie-draende reservoir sonder waargenome waterkontak bevestig het. Shino sê Rhino het steeds ‘n weddenskap wat hulle moet byhou. Hulle dui aan dat nie eens Total, hulle sal klop as die eerste produsent nie. Die put het 38 meter netto diepte teëgekom, met die reservoir wat goeie petrofisiese eienskappe en geen waterkontak toon nie.