Noord-Korea beken hy het soldate in RuslandApril 28, 2025
Noord-Korea het vandag vir die eerste keer bevestig dat hy troepe gestuur het om vir Rusland te veg in die Oekraïne op bevel van leier Kim Jong Un. Hulle het volgens Kim gehelp om beheer oor Russiese Koersk-gebied wat deur Oekraïne beset is, terug te kry. Rusland het op sy beurt die Noord-Koreaanse ontplooiing vir die eerste keer oor die naweek erken en sê Oekraïnse magte is uit die laaste Russiese dorpie wat hulle gehou het, verdryf. Kiëf het die bewering ontken en gesê sy troepe is steeds aktief in sommige Russiese gebiede.